Monday, August 28, 2006

Mooi so

Ek wil net graag vir my neefie Dewald Louw geluk wens met sy prestasie as die nuwe Afrikaanse Idol vir 2006. Ek het altyd geweet ons familie het musikale talent gehad - en nou het hy dit bewys (hy het dit eintlik al lankaal bewys).

Dewald - ek verwag 'n groot geskenk vir Kerfees (en natuurlik 'n getekende kompakskyf)!

11 comments:

Anonymous said...

Is jy ernstig? Vertel my die geraamtes in sy kas...kan net 'n lekker scoop wees!

M.E. said...

jy vat ons almal vir 'n brood man...ek soek photographic evidence!!!!!!!!! (behalwe vir die feit dat jy baie soos die dude lyk...)

Anonymous said...

Nie eens Allan wil meer met jou ge-assosieer word ná jy jou bloedlyn bekend gemaak het nie!

henno said...

Hey, jy's net jaloers omdat my familie musikale talent het - al het ek uitgemis - hou jou groen-om-die-kiewe snypende aanmerkings vir jouself! Bewyse binnekort...

henno said...

En by the by - Alan is net stil omdat ek sy gat skop in die nuwe English Premier League Fantasy Game hehe

henno said...

Eintlik hoef ek mos nie evidence te gee nie. Loesil - jy skryf mos bladsy 3 stories- bel my neefie en vra hom self!

Anonymous said...

Ek maak beslis so!!!! Maar dan MOET jy vir my 'n juicy bit of info gee sodat ek hom daaroor kan uitvra.

Anonymous said...

Is jy nog steeds trots op jou naelbytende bachelor nefie? En jy campaign vir 'n CD, as ek jy was het ek geskimp vir sy tweede motor as kersgeskenk!


Nuwe stryd oor naels byt vir ‘Idol’
MARLISE SCHEEPERS 28/08/2006 11:13:23 PM - (SA)
JOHANNESBURG. – “Ek sal dié gewoonte van voor af moet afleer.”

Só sê Dewald Louw (20) van Bloemfontein wat Sondagaand kykNET se eerste Afrikaanse Idol geword het.

Met al die spanning wat hy die afgelope paar maande moes deurmaak, kan ’n mens hom nie kwalik neem dat hy ál sy naels afgebyt het nie.

“Ek het so drie jaar gelede daarmee opgehou, maar het weens al die opgeboude emosies en spanning weer begin om my naels te byt,” het hy gister gesê.

Dewald het die gehoor Sondagaand betower met die liedjie, “Idol”, wat deur Ghapi en Andries Botha geskryf is.

Verskeie radiostasies het al begin navraag doen om dit so gou as moontlik op die lug te kan speel.

“Ek gaan vanaand na SonyBMG se ateljee om met opnames te begin sodat ons die liedjie by die radiostasies kan kry.

“Ek is in dié stadium eintlik baie moeg. My emosies was verlede week deurmekaar en ek het daarby baie hard gewerk en geoefen ook,” het hy gesê.

“Gelukkig het ek nog genoeg adrenalien om nie te moeg te wees nie.”

Louw stap met hope pryse weg, waarvan die belangrikste waarskynlik’n platekontrak van SonyBMG is.

Hy het ook ’n Peugeot 206 gewen, R50 000, ’n skootrekenaar, ’n Shure-mikrofoon en ’n geskenkpak van Truworths.

“Ek het nou twee karre,” het hy gister geskerts.

“Die silwer Peugeot wat nou hier in Johannesburg by die Idols-huis in Bryanston is en ’n Citi Golf Velocity wat in Bloemfontein is. Ek weet nie wat ek met altwee gaan doen nie.”

Goeie nuus vir al sy vroulike aanhangers is dat dié sexy jong man nie in ’n vaste verhouding betrokke is nie.

“Ek het ’n meisie gehad en ons was vir sowat twee jaar saam.

“Sy was in Idols se top-50, maar ons het net daarna uitgemaak.

“Ek wil nie nou in ’n verhouding betrokke wees nie. Ek is bang dat ek iemand gaan afskeep.

“Ek wil nog lank ’n alleenloper wees en het nie planne om binne die volgende vyf jaar te trou nie.”

Bron: www.dieburger.com

Anonymous said...

whatta man he is

Anonymous said...

Hi Henno,

Thanks vir die posting op jou Blog. Ek waardeer dit! Al het jy nou nie fisiese evidence nie, glo ek jou darem, hoor! :)

My e-mail adres is Dewaldlouw@hotmail.com

Hoop dit gaan nog goed, daar!
Dewald

Anonymous said...

haai Dewald se nefie - lyk my jy en Christoff het 'n exciting lewe al kan jy nie sing nie. Julle wegbreeknaweek na die boendoes was baie avontuurlik. Klink baie soos 'n Afrika taxi waarin julle gery het. Is die bande ook so dun dat as 'n muskiet dit steek, dan bars dit? Hou jou blog met belangstelling dop. Hoor al jou pelle se ma's kyk glo gereeld na die blog. Thought I'd warn you...